Lede van die Malmesbury-polisie is Sondagaand (12 Februarie) omstreeks 23:30 na die plaas Môrewag buite Malmesbury op die Klipheuwelpad ontbied rakende ’n verdagte motor wat daar gestaan het. Met hul aankoms by die motor is die liggaam van ’n vrou aangetref, wie se identiteit nie op daardie tydstip bekend was nie. Dit het later aan die lig gekom dat die vrou wie se lyk ontdek is, vroeër die oggend in Kuilsrivier as vermis aangemeld is. Volgens die polisie is ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van haar dood te help vasstel.

Geen misdaad word vermoed nie. – Charlotte Lesch

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article