Die plaaslike Vroue-Landbouvereniging (VLV) nooi die gemeenskap na hul maandelikse byeenkoms Vrydag 24 Februarie om 09:00 by die Robertson-rolbalklub by Barrystraat 27. ’n Kragopwekker sal beskikbaar wees.
Prof. Lizette Rabe is die gasspreker en haar praatjie handel oor “Skryfterapie: Uitlaatklep vir die siel”, ’n bemagtigende voorlegging wat sal help om die swarthonde (depressie) op hul plek te sit.
Die Blou Feetjie (Kinderboek, 5 tot 12 jaar) was haar eie persoonlike skryfterapieprojek.
Haar boek Om tot verhaal te kom sal uitgeloot word teen R5 per lootjie.
Toegang beloop R25 per besoeker, wat ’n gesellige koppie tee of koffie insluit, en kaartjies kan by die deur gekoop word.. Kontak Wyona Ramsauer by 082 740 7532 voor môre (Woensdag 15 Februarie) om bywoning te bevestig (vir spysenieringdoeleindes).



