Die Robertson-geskiedenisgilde nooi inwoners vriendelik uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 23 Februarie om 18:15 vir 18:30 by die Robertson-rolbalklub by Barrystraat 27.

’n Kragopwekker sal beskikbaar wees.

Prof. Lizette Rabe is die gasspreker. Haar praatjie handel oor “Die Philippi- Duitsers en hul storie”.

Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar. Kaartjies kos R30 per persoon. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. . Kontak Wyona Ramsauer by 082 740 7532 vir kaartjies.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article