Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die jaar-kompetisie (DVDJ) in samewerking met Lottoland.

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak?

Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate ry?

Hoeveel skatte in jou gemeenskap lê versteek?

Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land?

Wat is juwele in die dorp waarop jy trots is?

Benoem nou jou gunstelingdorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog.

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit minder as 500 000 inwoners het en die dorp nie die afgelope twee jaar ’n streekswenner was nie.

Vorige wendorpe mag vir ses jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie.

Benoem jou gunstelingdorp uit enige streek deur die dorpsnaam per SMS na 33157 te stuur (SMS’e kos R1,50).

Inskrywings open op 5 Maart om 18:00 en sluit op 17 Maart om 12:00.

Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil, maar net een dorpsnaam per SMS.

Die Malmesbury-sakekamer het intussen reeds plaaslike sakelui en inwoners aangemoedig om vanjaar weer hul steun agter die dorp te sit en hul stemme te laat geld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article