Die Hoërskool Robertson het vroeër vandeesmaand sy Tug-of-Bowls-toernooi gehou en die geleentheid was ’n groot sukses. Die toernooi was ’n geldinsamelingsprojek vir Robbiesskool se toutrekspan, wat aan die SA kampioenskap in Swellendam gaan deelneem. Die skool het al die spanne wat deelgeneem het en die Robertson-rolbalklub ,wat die aand moontlik gemaak het, bedank asook ’n spesiale woord van dank aan Ernma Human en Mark Bevis-Challinor, die voorsitter van die klub, en sy span uitgespreek. Hulle het ook al die borge vir die pryse bedank. Bo is die wenspan saam met Robbies se skoolhoof, Jacques Bradford (links) en die onderwyser Jacques Niehaus (regs). Foto:


Robbies se Tug-of-Bowls-wenners

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article