Tamaryn Green-Nxumalo van die Paarl is in 2018 as Mej. SA gekroon en het in daardie jaar in die top-5 by die Mej. Heelal-kompetisie geëindig.


Suid-Afrika is op soek na ’n nuwe Mej Suid-Afrika vir 2023 om in die voetspore van die heersende koningin, Ndavi Nokeri, te volg.

Inskrywings vir Mej. Suid-Afrika 2023 het Maandag 13 Maart geopen met verskeie opwindende nuwe toevoegings tot vanjaar se kompetisie.

Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. Suid-Afrika-Organisasie, sê: “Ons het op die wêreldtoneel bekend geword as ‘kompetisie-ontwrigters’. Ons streef voortdurend daarna om die kompetisie relevant en vars te hou en glo ons aanhangers gaan verheug en opgewonde wees met wat ons vanjaar vorendag gekom het.

“Terwyl ons verseker dat die Mej. Suid-Afrika-veldtog nie een van die eienskappe verloor waaroor aanhangers en volgelinge dol is nie, het ons onsself ook uitgedaag om groter en beter te dink om seker te maak dat die Mej. Suid-Afrika-kompetisie groei en ontwikkel en relevansie en belangstelling in ’n immer veranderende wêreld behou.

“Ek hou daarvan om daaraan te dink as ’n ‘vertoning wat ’n rewolusie gemaak het’,” het Weil bygevoeg.

“So, maak seker dat jy nie Maandag se aankondiging mis om uit te vind waaroor dit gaan nie!”

Mej. Suid-Afrika word aangebied deur Weil Entertainment in samewerking met Sun International.

Vir meer inligting oor die kompetisie en hoe om in te skryf gaan na die volgende digitale platforms:. https://www.misssa.co.za. Facebook: https://www.facebook.com/MissSouthAfricaOfficial. Twitter: @Official_MissSA. Instagram: @official_misssa. Tik-Tok: @official_misssa. YouTube: https://www.youtube.com/c/MissSouthAfricaOfficial

Laai die Mej. Suid-Afrika-toepassing af by die Apple App Store of Google Play-winkel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article