Breëderivier Gazette onttrek die voorbladberig wat verlede week gepubliseer is. Die hoofberig het gefokus op Mama Lucy Mafisa en het die indruk geskep dat sy steeds lewe. Sy is egter reeds in 2021 oorlede. Die berig se oorsprong was die behoefte om positiewe nuus van inspirerende inwoners met die gemeenskap te deel. Gazette neem volle verantwoordelikheid vir die fout en vra opreg om verskoning vir die leed wat die berig aan die familie van Mama Lucy aangerig het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article