Bestanddele
6 aartappels – gebak
½ koppie botter of margarien, gesmelt
’n koppie warm melk
Vir die vulsels:
1 pak spek, gaar en gekap
1 blikkie gebakte boontjies
1 klein pakkie sprietuie, fyngekap
1 houer roomkaas
1 koppie hoender, gerook en fyngekap
1 handvol vars grasuie, fyngekap
Metode:
Draai ’n kolwyntjiehouer onderstebo en smeer met kook-smeermiddel.
Sny die aartappels in die helfte en skep die vleis uit – hou die skil ongeskonde.
Smeer die binne- en buitekant van die velle met die gesmelte botter en plaas dan die vleiskant na onder in die vorms van die kolwyntjie-houer.
Bak vir 20 minute teen 180 °C of totdat dit bros en goudbruin is.
Sit eenkant om af te koel.
Druk intussen die vleis van die aartappels fyn saam met die melk en geur na smaak.
Sodra die aartappeldoppe afgekoel is, skep teelepels van die fyngedrukte aartappels in elke aartappelskil en bedek met enige van die bestanddele vir die vulsel van jou keuse.
– Food24.com.




