Lesers wat ’n verdagte SMS kwansuis van Takealot af kry, word gewaarsku om glad nie daarop te reageer nie en nie die kamstige support-nommer te skakel nie.
Dit is hoegenaamd nie amptelike takealot.com-kommunikasie nie, maar ’n groep bedrieërs wat mense se persoonlike inligting en toegang tot hul fone wil bekom (phishing).
Kontak takealot.com aanlyn op sy hulplynplatform as jy só ’n SMS kry. Dié bedrogspul is al ’n geruime tyd aan die gang en word ondersoek.

