Die provinsiale minister van landbou vertrek op ’n trekker na die parlement.Foto: Verskaf


Die provinsiale minister van landbou, Ivan Meyer, het die Wes-Kaapse Landboubegroting vir 2023 op 28 Maart in die provinsiale parlement ter tafel gelê.

Meyer het ’n begroting van R960,165 miljoen aangekondig.

Die 2023-begroting word gelei deur die Wes-Kaapse regering se drie strategiese doelwitte – groei vir werksgeleenthede, veiligheid asook waardigheid en welstand.

Verder word die fokus verskaf deur Meyer se vyf ministeriële prioriteite:. gestruktureerde onderwys,. opleiding en navorsing,. boere-ondersteuning en -ontwikkeling,. landelike veiligheid sowel as . marktoegang enklimaatsverandering

Die 2023-begroting erken en fasiliteer die landbousektor se kritieke rol om die ekonomie te dryf, werk te skep en te reageer op die dringendheid van “nou” in die Wes-Kaap.

In ooreenstemming met bogenoemde was sy belangrikste 2023-’24-begrotingsaankondigings:. R60,844 miljoen om bedryfsondersteuningsdienste aan die departement te verseker, insluitend mensekapitaalontwikkeling,. R5 miljoen is gereserveer vir die opgradering van veiligheidsdienste,. R134,757 miljoen om die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne te bevorder,. R38,628 miljoen word toegeken vir ekologiese infrastruktuur en R18,5 miljoen vir rivierbeskermingswerke,. R222,192 miljoen vir produsenteondersteuningsdienste,. Geoormerkte toekennings sluit die omvattende landbou-ondersteuningsprogram (Casp) van R113,568 miljoen en R59,979 miljoen van Illima/Letsema in.. R27,584 miljoen aan Casidra SOC BPK om die departement te ondersteun met projek- en staatsplaasbestuur,. R64,158 miljoen om dieregesondheidsdienste te verskaf om dieresiektes te voorkom en te beheer; ’n verdere R2,5 miljoen gaan vir die opgradering van die veterinêre laboratorium,. R103,261 miljoen om landbouproduksie te verbeter deur navorsing en tegnologie-ontwikkeling, met die fokus op versagting en aanpassingsopsies vir boere in reaksie op klimaatsverandering,. R42,996 miljoen word opsygesit vir navorsingsinfrastruktuur soos ons navorsingsplase en ondersteuningsdienste,. R31,706 miljoen om produksie-ekonomie en bemarkingsdienste aan agri-ondernemings te verskaf, met ’n verdere R7,656 miljoen wat toegeken is om landbouverwerkingsinisiatiewe te fasiliteer en sodoende deelname aan die landbouwaardeketting te laat groei,. R57,997 miljoen vir onderwys en opleiding en ontwikkeling van landbouvaardighede en. R10,084 miljoen om die sosio-ekonomiese toestande van landbouwerkers en hul gesinne te verbeter.

Die Wes-Kaapse departement van landbou sal voortgaan om hoop te inspireer deur groei en werksgeleenthede reg oor die sektor deur met die hewige dringendheid van “nou” te reageer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article