‘n Kransduif sit Maandag lukraak op ’n huis in Riebeek-Kasteel se dak en hou die reën dop terwyl die druppels aanhou val. Swaar en aanhoudende reënbuie het sedert Donderdag oor die Swartland-streek en groot dele van die Wes-Kaap uitgesak. Altesaam 25,8 mm reën is van Donderdag 20 April tot gisteroggend (Maandag 24 April) in Malmesbury gemeet, volgens die Kaapse Weerdiens. Hiervan is die meeste Sondag (8 mm) en Maandagoggend (11,4 mm) aangeteken. Koel temperature sal volgens die huidige weervoorspelling die res van die week geld met reën wat weer vir Donderdag 27 April voorspel word. Foto: Neil Geldenhuys Photography


Koel weer en nog reën vir Wes-Kaap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article