Die o. 19A-hokkiemeisies van die Hoërskool Swartland het van 31 Maart tot 5 April aan die Arthur Johnson-sportweek in Mosselbaai deelgeneem en puik gevaar:. Wen 4-0 teen Grens. Wen 2-0 teen Adamantia. Wen 1-0 teen Greenwood Bay. Verloor 0-1 teen HS Punt. Wen 7-0 teen HS Melkbosstrand o.16 A. Wen 6-0 teen Dirkie Uys. Gelykop 0-0 teen Melkbosstrand in halfeindronde; verloor valbylstryd 3-1. Verloor 0-2 teen HS Punt in eindronde.
Die meisies was uiteindelik algeheel vierde in die toernooi.
Mia Steyn en Carla Botha is vir die All Star- span gekies, wat saamgestel is uit die beste spelers van al die spanne van die toernooi.
Die o.19 A-hokkieseuns het van 1 tot 3 April aan die voorseisoense Paarl Gimnasium-toernooi deelgeneem:. Verloor 1-4 teen Paarl Gimnasium. Verloor 1-2 teen Paarl Vallei. Wen 3-1 teen Worcester Gimansium. Wen 5-0 Curro Durbanville. Wen 3-0 teen Paarl Boys High
Die o. 19 A-seuns was algeheel vyfde in die toernooi.
Die o.16 A-hokkieseuns het ook aan dieselfde voorseisoense Paarl Gimnasium-toernooi deelgeneem:
Uitslae:
. Verloor 1-2 teen Paarl Vallei. Verloor 0-2 teen HS Durbanville. Verloor 0-1 Paarl Gimnasium. 1-1 gelyk teen Worcester Gimnasium. Verloor 1-2 teen Paarl Boys High




