Die wrak van die BMW waarin twee mense verlede Maandag dood is, lê verlate in die veld. Foto: Ismail’s Towning

Credit: SYSTEM

Twee mense is verlede Maandagoggend in ’n ongeluk dood nadat ’n BMW op die pad tussen Ashton en Robertson gerol het.

Geen ander voertuie as betrokke nie en die oorsaak van die ongeluk, wat omstreeks 08:30 gebeur het, is nog onbekend.

Altesaam sewe mense van tussen 20 en 25 jaar oud was in die motor.

Die oorledenes is op die toneel dood en vyf ander is na ’n hospitaal daar naby geneem.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het gevra enigiemand met inligting oor die voorval moet asseblief dringend die Stop Misdaad-nommer 08600 10111 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article