Sluit aan by Anita Gouws, eienaar van The Blend vir die Red & Sweet Wine Fest.

Credit: SYSTEM

The Blend-koffiewinkel, deli en wynboutiek maak gereed vir nog `n lekker fees in sy gesellige agtertuin in die lieflike dorpie McGregor.

Die eerste Bubbly-fees, wat in Maart aangebied is, was `n groot sukses, en die nuwe tema, wat spesiaal vir `n gevoel van heerlike wintersamesyn gekies is, is rooi- en soetwyn.

Kaartjies vir die fees is beskikbaar by Quicket https://qkt.io/Oh9C97. Maak gereed om tussen 14:00 en 18:00 fees te vier met van die beste wyne van die omgewing, asook heerlike kos en musiekvermaak deur die gewilde groep The Misty Cliffs.

The Blend se agtertuin is prentjiesmooi met skaduwee van groot akkerbome en vir `n gesellige feesgevoel sal Bedouin tente opgeslaan wees. Vir diegene wat stiller hoekies verkies, sal ekstra sitplekke by die aangrensende restaurant The Fat Ladies Arms beskikbaar wees.

Benita Gouws, die eienaar van The Blend, sê sy en haar span is opgewonde om van die Kaap se beste rooi- en soetwyne vir feesgangers aan te bied.

“Ons doen baie moeite met die keuse en ’n verskeidenheid kosstalletjies met smullekker etes sal ook beskikbaar wees. Kaartjies vir sekere kos-aanbiedinge is by Quicket te koop sodat ’n mens nie op die dag van die fees lank hoef te wag nie.“

Die spyskaart bestaan onder meer uit Beef Bourguignon, Seekos Gumbo, El Churros, Gluwein en meer.”

Feeskaartjies sluit proe-koeponne in, sowel as ’n The Blend-glas wat jy kan huis toe neem. Mense wat op die dag die aangewese bestuurders is, kry die keuse om ’n kaartjie met ’n glas vir nie-alkoholiese drankies te koop.

Die musiekgroep The Misty Cliffs bestaan uit drie gesoute musikante – Nick Turner (kitaar en sang), Nick Catto (baskitaar en sang) en Matt Catto (tromme en sang). Dié bekende groep se nuutste enkelsnit “Don’t Complicate it” is hoog boaan die lysie liedjies wat hulle tydens die fees gaan sing.

Nick Catto sê: “Dis ’n lekker ligte, prettige liedjie en ons sing dit elke keer met hart en siel. Hoop ons sien julle daar!”

The Blend het sy deure in die tyd van die Covid-pandemie geopen en is tans een van McGregor se mees gewilde koffiewinkels wat ook ’n deli en wyn-boetiek insluit. Benita en haar span bedien daagliks lekker vars koffie en gebak, en die deli- en wyn-gebiede bied net die beste produkte en wyne aan. The Blend streef daarna om die one-stop-shop vir die mense van McGregor sowel as besoekers van oral te wees.

McGregor is op die randjie van die Klein-Karoo, sowat twee ure se ry van Kaapstad af en 22 km buite Robertson. Heerlike sonnige wintersdae en vars koel aande is eie aan die Karoo-winter-weer. Dit is die perfekte dorpie vir ’n naweek-kuier met pragtige verblyfkeuses om van te kies. Wat is nou lekkerder as ’n warm kaggelvuur en ’n glasie wyn daarby?. McGregor bied ook ’n verskeidenheid uitstekende restaurante vir ontbyt, middagete en aandete.

Aktiwiteite sluit kort staptogte en bergfiets-paaie in, of jy kan die talle plaaslike winkels in die hoofpad besoek.

Stop by een van die plaaslike kroeë en geniet ’n drankie, waar jy altyd met ope arms en die gasvryheid van die dorp se plaaslike mense ontmoet sal word.

Daar is ook pottebakkery-ateljees en kunsgallerye om te besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article