Die minister van Polisie, Bheki Cele, het die nuutste misdaadstatistiek in sy toespraak van 30 Mei bespreek.

Aan die einde van sy toespraak het Cele gesê sonder die betrokkenheid van die gemeenskap sal die polisie nie die oorlog teen misdaad wen nie.

Raak dus betrokke by jou plaaslike buurtwag en sluit aan by die Facebook-groep Robertson CBD Neigbourhood Watch (RCNW) en die RCNW-Whatsapp-groep en word vandag nog ’n lid.

Hierdie groepe gaan jou nie net in staat stel om dadelik verdagte optrede aan te meld nie, maar jy sal ook op hoogte gehou word van wat in die gemeenskap gebeur. Dit is in almal se beste belang dat hulle ingelig, betrokke, en voorbereid moet wees en die regte kanale volg wanneer nodig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article