Die Langeberg-been van die 2023-netbal-wêreldbeker se trofeetoer het verlede Donderdag (6 Julie) in Zolani, Ashton, begin, waarna die trofee na die Van Zylstraat-sportkompleks in Robertson geneem is. Die WB vind van 28 Julie tot 6 Augustus in Kaapstad plaas. Links by een van die plaaslike seremonies om die publiek aan die beker bekend te stel, is (van links) die Langeberg-munisipaliteit se uitvoerende beugemeester, Schalk van Eeden, die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, Anroux Marais, die Wêrelbeker-gelukbringer, die voormalige nasionale netbalafrigiter Bennie Saaiman en Cecilia Molokwane, Netbal Suid-Afrika se president. Foto: Langeberg-munisipaliteit


netbak-Wêreldbeker kom pronk in die Langeberg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article