Plaaslike lede van die Gewigoptelklub in Malmesbury het onlangs daarin geslaag om goud gedurende die Wes-Kaapse jeugkampioenskap bo die kop te lig.
Die provinsiale gewigoptelkompetisie is Saterdag 1 Julie in die Paarl beslis, waar Yullé Golliath (10) en George White (13) elk goud in hul onderskeie gewigsklasafdelings vir hul optrede ontvang het.
Yullé is na afloop van die kompetisie as die beste onder die beste bestempel nadat sy as die kampioen in die o.14-gewigklas gekroon is.
Sy en George gaan eersdaags – op 5 Augustus – aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Kuilsrivier deelneem.





