Wat gemaak as jou kind byt?
Dit kan vele ouers oorweldig en daartoelei dat hulle hulself dikwels blameer, maar Yolandi van den Heever, ’n vroeëkinderontwikkelingspesialis en eienaar van Oasis Club Learning, waarsku teen dié lokval.
“As ouer wil ’n mens dadelik die vinger na jouself wys en die blaam vierkantig op jou eie skouers plaas.
“Dit is egter nie nodig nie, want dit is normaal en dikwels die kleuter se manier van kommunikeer,” volgens Van den Heever.
Nietemin, ’n mens kan dit ook nie net aanhou ignoreer nie en daarom is dit nodig om die saak reg te benader en te hanteer.
Oorweeg die volgende en besluit dan watter raad om toe te pas, of liefs te ignoreer:. Stem die raad ooreen met jou oortuigings hoe om kinders groot te maak?. Stem die raad ooreen met wat jy van jou kleuter weet en wat jy weet in jou huis werk?. Wie is die mens wat die raad gee (hoe lyk hul eie agtergrond en benadering tot kinders)?. Wat is moontlike oorsake van byt in kleuters en peuters?. ’n Kleuter wil kommunikeer, maar taalvaardighede is nog nie bemeester nie, wat frustrasie veroorsaak.. Te min fisieke aktiwiteite, soos wanneer kleuters agter die boeke moet stilsit.. Opgewondenheid.. Verandering in omstandighede wat lei tot frustrasie, soos byvoorbeeld om by ’n nuwe skool aan te sluit, of na ’n ander dorp te trek.. Wanneer tande vorm, is kleuters ook geneig om te byt. . Sensoriese oorstimulasie, byvoorbeeld te veel lawaai, te veel skermtyd, of om te lank in die motor te moet sit.
Moontlike strategieë wat toegepas kan word. Trek jou kleuter se aandag af wanneer hulle begin byt.. Probeer raaksien watter situasies die kind laat oorgaan tot byt en bestuur dit voor die tyd.. Maak seker voorsiening is gemaak vir fisiologiese behoeftes, byvoorbeeld ’n tandering of pynstropie vir seer tandvleise.. Tree ferm op wanneer jou kleuter iemand byt.. Werk saam met jou kind se kleuterskool en probeer die raad wat hulle aanbeveel, toepas. Wanneer die ouers en die skool in dieselfde span is, kan dit net voordelig wees vir die kind.. Beperk aktiwiteite wat kan lei tot frustrasie, veral oormatige skermtyd. ’n Kleuter is gemaak om te klim en te klouter.. Kleuters het beperkte moraliteit en het nog nie ’n begrip van ‘reg’ en ‘verkeerd’ nie. Moet dus nie van jou kleuter verwag om uit hulle eie te weet dat byt verkeerd is nie.
Indien jy as ouer vermoed jou kind se bytery het moontlik ’n ander oorsaak en geen strategie het nie, kan ’n arbeidsterapeut of opvoedkundige-sielkundige se hulp ingeroep word.




