Die Hoërskool Swartland se eerstehokkiespanne het onlangs aan die Kaapstad- internasionale hokkietoernooi deelgeneem en sewe vol wedstryde oor vier dae teen skole van oor die wêreld heen gespeel.
Die hokkiespelers het harde en goeie hokkie gespeel en kan terugkyk op ’n toernooi waarop hulle saam met hul afrigters kan trots wees.
Die uitslae is soos volg:
Dag 1:
Meisies
. Wen 9-0 teen Midlands Christian College. Speel Gelykop 2-2 teen Settlers
Seuns
. Wen 4-0 teen Merchant Taylor B. Wen 6-1 teen Settlers
Dag 2:
Meisies
. Verloor 0-2 teen Bellville HS. Verloor 1-8 teen St Paul’s College
Seuns
. Gelykop 0-0 teen Strand. Verloor 1-2 teen Lomagundi College
Dag 3:
Meisies
. Verloor 0-3 teen Millfield Red Stripes
Seuns
. Verloor 0-2 teen Pinelands HS
Dag 4
Meisies
. Wen 5-0 teen Wellington College Leopards. Verloor 0-3 teen Millfield Red Stripes
SeunsVerloor 2-3 teen St Pauls College. Wen 2-0 teen Strand HS
Die meisieshokkiespan eindig algeheel sesde in die Evolve groep uit altesaam 12 spanne.
Die hokkieseuns eindig algeheel sewende in die Evolve groep uit 12 spanne.




