Die Langeberg-munisipaliteit bly tot die verbetering van padtoestande binne die munisipale gebied verbind.
Die munisipaliteit is bewus van die toestand van die paaie en het aan oplossings gewerk om die probleme die hoof te bied.
Een van die korttermynoplossings is om slaggate in alle dorpe volgens die slaggat-herstelprogram te herstel.
Die Langeberg-munisipaliteit doen ’n beroep op die gemeenskap om klagtes oor slaggate, ongelyke padoppervlaktes, beskadigde sypaadjies en padtekens by die 24/7-kliënte-inbelsentrum aan te meld.
Kontak die munisipaliteit by 0860 88 1111, per WhatsApp by 065 211 7822 of per e-pos by info@langeberg.gov.za.
Aangemelde slaggate sal by die slaggat-herstelprogram gevoeg word.
Paaie met ’n hoë volume verkeer sal voorkeur kry.
Alle slaggate wat aangemeld word, sal ingevolge die program aandag geniet.
Die siviele-werke-span doen hul bes om op skedule te bly, maar dit is onderhewig aan die weer en ander dringende sake wat die span se aandag vereis, soos onder meer pype wat bars, stormwaterkwessies en onklaarrakings.
Die volgende paaie het verskeie slaggate en sal vir Augustus voorkeur geniet:




