Die streekskampioene van die SA Jongwynsskou, die oudste wynskou ter wêreld, is onlangs aangewys.
Die plaaslike kampioene is soos volg:
Robertson
. Kampioen- droë wit versnitwyn: Van Loveren Sauvignon Blanc / Colombar. Kampioen-sémillon: Bon Courage Semillon. Kampioen- chenin blanc: Robertson Koöp Chenin Blanc. Kampioen- sauvignon blanc: Robertson Koöp Sauvignon Blanc (hout). Kampioen-chardonnay: Robertson Koöp Chardonnay (hout). Kampioen-colombar: Van Loveren Colombar. Kampioen- soeterige witwyn: Bon Courage Natuurlike Soet Wit. Kampioen- ander wit kultivar: Bon Courage Morio Muskaat. Kampioen-edellaatoes: Van Loveren Edellaatoes. Kampioen- droë rooi versnitwyn: Rooiberg Pinotage/Cab Sauv/Shiraz (hout). Kampioen-pinotage: Rooiberg Pinotage (hout). Kampioen-shiraz: Bon Courage Shiraz (hout). Kampioen- cabernet sauvignon: Rooiberg Cabernet Sauvignon (hout). Kampioen-merlot: Roodezandt Wines Merlot (hout). Kampioen- pinot noir: Robertson Koöp Pinot Noir (hout). Kampioen- ander rooi kultivar: Van Loveren Carignan (hout). Kampioen-Kaapsestyl-wyn: Bon Courage Kaapse oesjaar. Kampioen-dessertwyn: Clairvaux Hanepoot Jerepigo. Kampioen-muskadel: Le Grand Chasseur Wit Muskadel Jerepigo. Kampioenwyn: Robertson Koöp Chardonnay (hout). Beste vyf inskrywings: Bon Courage
Klein Karoo (Montagu)
. Kampioen-chardonnay: Montagu Wynkelder Chardonnay (hout). Kampioen- chenin blanc: Montagu Wynkelder Chenin Blanc. Kampioen-colombar: Montagu Wynkelder Colombar. Kampioen- sauvignon blanc: Montagu Wynkelder Sauvignon Blanc. Kampioen- droë wit tafelwyn: Montagu Wynkelder Chenin Blanc. Reserwekampioen: Montagu Wynkelder Colombar. Kampioen- natuurlik soet-tafelwyn: Montagu Wynkelder Chenin Blanc. Reserwekampioen: Montagu Wynkelder Chardonnay/Colombar. Kampioen- cabernet sauvignon: Montagu Wynkelder Cabernet Sauvignon. Kampioen-merlot: Montagu Wynkelder Merlot. Kampioen-pinotage: Montagu Wynkelder Pinotage (hout). Kampioen- ruby cabernet: Montagu Wynkelder Ruby Cabernet. Reserwekampioen: Montagu Wynkelder Shiraz. Kampioen- rooi tafelwyn: Montagu Wynkelder Pinotage. Reserwekampioen: Montagu Wynkelder Merlot. Kampioen- muskaat versterkte wyn: Montagu Wynkelder Rooi Muskadel Jerepiko. Reserwekampioen: Montagu Wynkelder Rooi Muskadel Jerepiko. Groot kampioenwyn: Montagu Wynkelder Rooi Muskadel Jerepiko. Kampioen-produsentekelder: Montagu Wynkelder
Van Loveren Familiewingerde is die enigste kelder wat twee kampioenwyne op die 2023 SA nasionale jongwynskou opgelewer het.
Die wenners is Vrydagaand, 25 Augustus bekendgemakk.
Van Loveren se Colombar is die kampioen ander wit kultivar. Hul sauvignon blanc/colombar die kampioen wit versnit.
’n Gehoute chardonnay van Robertson Kelder is bekroon as die nasionale kampioen chardonnay.
Die troffee vir die SA kampioen Muskadel is verower deur Montagu Wynkelder se rooi muskadel Jerepiko.
Die kompetisie se indrukwekkende versameling trofeë is aangekondig by ’n spog-dinee wat deur die Paarl Jongwynstreek by Dawn Mountains-funksie lokaal naby die Paarl aangebied is.
Altesaam 44 wyne het Klaswenner-status behaal en 79 het Goue Medaljes ontvang. Vanjaar se 1 250 inskrywings is deur 65 spesialis beoordelaars op 14 panele in oënskou geneem. Die beoordeling het aan die einde van Julie by die Johann Graue-saal op Nederburg in Paarl oor ’n periode van vyf dae plaasgevind.
Die feit dat die totale inskrywings meer as verlede jaar was, is ’n aanduiding dat die oudste wynskou in Suid Afrika nuwe momentum kry.
Die beoordelaars was besonder beïndruk met die gehalte van die 2023-wyne, ondanks ’n oesjaar wat vele uitdagings aan wynmakers gestel het weens die reënweer in die laaste gedeelte van die parstyd.




