Van links is Esmarie de Villiers, Talita Viola, Fourie, Cecelia Larey en Divan Karools.


Pieter Fourie, die skrywer van boeke soos ’n Hart is so groot soos ’n vuis en Ons Skulde het Donderdagaand (24 Augustus) in Malmesbury meer oor sy boeke uitgebrei. Die kwessie van gesinsgeweld, sy ongelukkige kinderjare en vergifnis (of nie) het ook aandag gekry. Almal was doodstil tydens sy vertellings en almal het oor een ding saamgestem: Dit verg baie moed om só voor vreemdelinge oop te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article