Deon Wilson en ’n paar kollegas help met die plant van die wingerd.Foto: Hoërskool Swartland

Credit: SYSTEM

Van bladsy 1

’n Landboukomitee, met kundiges reeds betrokke by verskeie aspekte van landbou en wat graag by die skool betrokke wou raak, is vooraf gestig.

Die komitee bestaan tans onder andere uit Jaco Geldenhuys, Koch Furstenburg, Johan Retief, Dolfie Walters, Alwyn Hanekom en Stephan Basson.

Die wingerdprojek is tans die grootste projek in die landboudepartement met nog twee projekte wat aan die einde van die jaar die lig sal sien.

“As dit nie was vir die bereidwilligheid van die beheerliggaam en die landboukomitee nie, sou die projek nie so vinnig kon groei tot waar dit vandag is nie. Dit was ’n droom wat met die regte mense en op die regte plek gebeur het. Ons het mense wat nie net praat nie, maar doen.”

Die projek is aan die begin van September van stapel gestuur, met altesaam 1 700 wingerdstokke wat skaars ’n maand later in die grond pronk.

“Ons kan groot goed regkry as ons die regte mense het wat kan en wil help,” sê Schutte.

Hy, Van Dyk en Cronje is vandag dankbaar dat hul energie met ope arms deur die beheerliggaam en die gemeenskap ontvang is.

Bosman Adama het onder meer die stokkies geborg, terwyl Dolfie Walters en sy werkers die voorbereiding gedoen en met die plantwerk gehelp het, terwyl Rian Kreuiter met die grondontledings gehelp het. Volgens Kreuiter dra die wingerd nie net by tot die koshuis se vooraansig nie, maar skep dit ook ’n blink toekoms vir plaaslike landbouleerders.

“Die twee variëteite is chenin blanc en pinotage, wat uniek aan die Swartland is en baie goed sal doen in die tipe grond wat ons tot [ons] beskikking het. Hoewel die vrugte van die oes eers oor ’n paar jaar gepluk gaan word, kan leerders reeds baatvind deur opleiding wat ontvang gaan word gedurende die planttyd, snoeityd en besproeiing daarvan,” voeg Schutte by.

Die skoolhoof, Justus Schoonraad, is baie opgewonde oor die groei van die skool se landbouafdeling. Hy sê landbou lê hom nog altyd na aan die hart.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article