Kamdeboo U-Me, die Birmese kat van Leonard en Susan Ferreira, was die algehele wenner van die Kat van die dag by vanjaar se Malmesbury-katskou. Kamdeboo U-Me het ook vroeër vanjaar in die nasionale kampioenskap, wat in Johannesburg plaasgevind het, skoonskip onder volwasse katte gemaak toe hy as Suid-Afrika se volwasse Kat van die jaar vir 2023 uitgeblink het. Kamdeboo U-Me het talle pryse gewen by die Malmesbury-katskou wat op 16 September in die stadsaal plaasgevind het. Volgens Swartland Toerisme was dit die eerste katskou in die dorp, wat meer as 108 katte ten toon gestel en sowat 300 besoekers gelok het, en bestempel dit as ’n groot sukses. “Besoekers en katliefhebbers was omtrent beïndruk met die katte.” Foto: Ursula van der Riet


Die kat van die dag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article