Macaela Samboya (24), ’n rugbyspeler vir die Springbok-vrouespan se 15-tal, het haar ou laerskool, Liebenberg Primêr, die afgelope Vrydag besoek om haar eerste Springboktrui aan die skool te skenk. Samboya draf sedert Augustus vanjaar as vleuel saam met die land se voorste vrouerugbygroep uit. Sy en haar span was derde in die onlangse internasionale vrouerugbytoernooi (WXV2). Van links staan die skoolhoof, CJ Koopman, saam met die skool se sportkoördineerder, Hennie Marais, en die o.13A-rugbyspan.


Oudleerder skenk Boktrui

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article