Vier leerders van die Hoërskool Dirkie Uys gaan die Weskus Kobras by die PSI- nasionale binnenshuise hokkie-liga van 17 tot 20 Desember in Kaapstad verteenwoordig. Spelers van reg oor Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië neem deel. Hulle is Carli de Klerk (foto), Johen Pietersen, Henro du Preez en Jandre du Preez. Carli het ook tussen 6 en 10 Desember aan die SaLT Rona 5-a-side-uitnodigingstoernooi by DF Malan deelgeneem, waar sy die Mallorca-span se kaptein was.

Credit: SYSTEM

vier speel in Hokkie-liga

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article