Geseënde Groenfees: Nie alle kersversierings hoef te blink nie. Wilhelmina Fortuin (regs) werk reeds 31 jaar by die Malmesbury Kwekery. Sy vertel hoe sy daagliks nuwe maniere soek om die plante rondom haar tot hul reg te laat kom. Toe sy vroeg November draadkersboompies in die kwekery uitgestal sien, het sy hierdie boompie van vetplantjies gemaak. By haar staan (van links) Adri Viviers (kliënt) en George Retief (eienaar). Die kwekery bars tans uit sy nate met vrolike, groen alternatiewe as geskenke of versierings in en rondom die huis. Foto: Sarie Nell


Kers-‘boom’ van vetplante gemaak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article