Drie laerskole in Darling ontvang hierdie week nodige sporttoerusting.
Die inisiatief van Tekkie Town is deel van hul toegewydheid tot die ontwikkeling van voetsoolvlak-rugby en om spanwerk, talent en die bevordering van die sport op hierdie vlak aan te moedig.
Altesaam 30 ontwikkelingstelle sal aan voetsoolvlak-rugbyspanne, soos deur die top-12 deelnemende klubs benoem, deur die loop van die Boland Top12-rugbytoernooi oorhandig word.
Darling-rugbyklub, 2023 se Swartland-kampioen, het hierdie week die voorreg om hul skole se sporttoerusting te oorhandig. Die Laerskool Darling was Maandag eerste aan die beurt met sporttoerustingstelle wat ook môre by Vooruitsig Primêr en Woensdag by Kohranrug Primêr net buite Darling afgegee sal word.




