Die saak waartydens ’n boer van die Swartland glo ’n 14-jarige seun aangerand het en na bewering ’n vuurwapen op hom gerig het, is vir konsultasie uitgestel.

Volgens die Wes-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag is die saak tot 21 Februarie uitgestel.

Die plaaslike polisie in Malmesbury het bevestig dat ’n saak van aanranding en die rig van ’n vuurwapen op ’n minderjarige verlede jaar aangemeld is.

Die voorval het na bewering op 29 Oktober verlede jaar plaasgevind.

Die 44-jarige boer is kort na die voorval in hegtenis geneem, waarna hy op 2 November 2023 in die Malmesbury-landdroshof verskyn het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article