Die Moorreesburg/Samoa-rugbyklub, maar ook die hele rugbygemeenskap van die Swartland, groet ’n legende.

Adam Atkins is op 30 Januarie weens natuurlike oorsake in die Mediclinic Panorama-hospitaal oorlede.

Hy was 64 jaar oud.

Adams, wat sy skoolloopbaan by Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg begin het, het ná skool verskeie beroepsrigtings ingeslaan. Hy sal egter vir altyd onthou word vir sy groot rol wat hy in die rugbywêreld gespeel het. Adams was 24 jaar gelede een van die stigterslede van die Moorreesburg-Samoa-rugbyklub.

Hy het daarna as voorsitter gedien en was ook aktief by die noodhulp-sy van sake betrokke.

Adams laat sy vrou, vyf kinders, nege kleinkinders en die hele gemeenskap agter.

Die klub se bestuur is tans druk besig om ’n spesiale geleentheid te reël waartydens sy nalatenskap vir nog baie jare geëer sal word.

’n Gedenkdiens het die afgelope Woensdag in die AGS Rosenhof se kerk op Moorreesburg plaasgevind, terwyl ’n begrafnisdiens op 10 Februarie, ook vanuit die AGS Rosenhof se kerk, aangebied is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article