Anne Pienaar Gedenk Primêr buite Malmesbury se markdag, wat Saterdag 9 Maart by die skool plaasgevind het, was ’n groot sukses.

Die leerders en kinders het hope pret en plesier uit verskeie aktiwiteite wat aangebied is, geput, terwyl gaste kon kies en keur uit allerlei eetgoed, drinkgoed sowel as kos, kruideniersware en vleis. Daar was tot ’n vlooimark met talle interessanthede om te koop.

Volgens die skoolhoof, Annemarie Duvenhage, is almal dankbaar vir die suksesvolle markdag. “Ons is dankbaar vir almal wat hul harte en hande oopgemaak het om die dag so suksesvol te maak.

Duvenhage het die leerders van die Hoërskool Swartland uitgesonder en almal vir hul ruim bydraes bedank. “ ’n Groot gewaardeerde dank ook aan Johnny Quintall, die eienaar van Swartland Visserye, vir sy onbaatsugtige skenking van 200 pakkies heerlike vars gebakte “slap tjips”, klaar verpak en gereed vir verkope. Dit het behoorlik die lippe blink gelaat. Ons heg baie waarde aan u betrokkenheid by die skool.” Duvenhage het ook haar dank teenoor die plaaseienaars in die Paardeberg-distrik uitgespreek, wat bygedra het tot ’n geslaagde Anne Pienaar Gedenk Primêr-markdag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article