Maceal Samboya, ’n Boland- en Springbok-vrouerugbypeler van Wesbank, het Saterdag (23 Maart) teen Spanje uitgedraf. Jakkie Cilliers se skopskoen het die Springbok-vrouespan tot ’n oorwinning van 15-13 oor Spanje op die Estadio Pepe Rojo-stadion in Valladolid geskop. Die Suid-Afrikaners het die hele middag op die aanval gesukkel ondanks die feit dat hulle danksy hul oorheersende pak voorspelers aansienlik meer balbesit geniet het. Cilliers, die linkervleuel, die heelagter, Chuma Qawe en Samboya, die regtervleuel, het baie goed vertoon, maar kon nie die tieragtige Spaanse verdediging breek nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article