Die suksesvolle Coetzee-markdag, wat onlangs by Anne Pienaar Gedenk Primêr buite Malmesbury plaasgevind het, bring hulde aan wyle Cheryl Coetzee.

Annemarie Duvenhage, skoolhoof van Anne Pienaar Gedenk Primêr, vra om verskoning vir die feit dat hulle nagelaat het om Coetzee, ’n voormalige onderwyseres, erkenning in die berig, wat op 19 Maart gepubliseer is, te gee.

Coetzee, wat vir 43 jaar lank ’n lojale onderwyseres by die skool was, was die stigter van hierdie besonderse markdag, wat sy bestaan reeds sedert 2017 vier.

Hoewel inwoners en instansies, wat besonderse bydraes tot vanjaar se markdag gemaak het, in die berig genoem is, het die skool versuim om Coetzee se familie vir hul toegewyde ondersteuning te bedank. Die Coetzee-familie het selfs ná haar heengaan die markdag bly ondersteun ter nagedagtenis aan haar.

Coetzee het deur die jare diep spore in kinders en ouers se harte getrap. Die eerste markdag, wat sy behartig het, was ’n groot sukses.

Die jaarlikse gebeurtenis is in 2021 ná haar afsterwe na die Coetzee-markdag verander.

Borge gee jaar ná jaar skenkings aan wyle juffrou Coetzee se dogter Sharonay, wat direk bydra tot die groot sukses van die koektafel.

Soos Coetzee se familie, vervul die Sheldon-familie ook ’n groot rol in die geskiedenis van die skool.

“Hul bydraes en volgehoue ondersteuning word opreg waardeer,” voeg Duvenhage by.

Die skool besef die hartseer en ongelukkigheid wat veroorsaak is deur nie erkenning aan al die rolspelers en spesifiek aan die Coetzee- en Sheldon-families te gee nie.

“Ons hoop en vertrou dat u hierdie opregte woord van apologie aanvaar,” het Duvenhage gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article