Ons almal moet seker een of ander tyd aftree. Party kan nie, want ons het ’n rede.

Met die lewenskostes wat bykans daagliks hoër raak en inkomste wat minder raak, voel dit net onmoontlik.

Met 45 jaar werksondervinding, goeie gesondheid en nog lus om te werk, gooi ek my CV oral in.

Ek sal selfs kantore skoonmaak, want, glo my, met die voorgestelde minimumloon kan jy soms meer verdien as skoonmaker eerder as om in ’n kantoor te sit.

Ouderdom tel ook nie teen jou nie, want om skoon te maak het jy nie nodig om by die image in te pas nie.

Ek is nie bang vir werk nie, en met my werksondervinding – waar ons begin het met ’n Olivetti-tikmasjien, carbon tussen twee velle papier vir ’n afskrif, waar alles neergeskryf is, fisies gefile is, (dis dalk hoekom ek so passie het vir liassering en organisering) plus nog baie meer, en dan ook die groei en byhou by rekenaarstelsels, en kursusse – voel ek ons wat bietjie ouer is, het meer ondervinding. Ons het regtig die wil, die dryfkrag, die ekstra tree.

Maar, ons ouderdom kniehalter ons. En moenie my verkeerd verstaan nie, ek gun elke jongmens ook ’n kans, want ek het ook kinders.

As jy jou pos amper drie keer ’n jaar adverteer, moet jy begin wonder…hoekom? Hoekom hou die jong persoon wat inpas by die image, nié?

My aftrede proe na teleurstelling, asof ek myself gefaal het, my gesin, familie.

Asseblief ek vra mooi, Malmesbury is nie groot nie, maar ons het redelik besighede.

Kyk asseblief immers na ons CV’s, ons ondervinding, ons wil om te werk. Moenie teen die syfer van ons ouderdom vaskyk nie. Glo my, ons sal nie aansoek doen vir werk as ons op ons aftrede genoeg het om by die huis te sit nie. Ons almal het ’n hobby, maar nie eens dit kan ons geniet nie, we just want have a purpose in life again.

Ons almal loop in ons eie lewenspad met ons eie stukkende tekkies…. ons knieë knak van tyd tot tyd, ons hoop raak op…

Help ons asseblief, sodat ons aftree-ouderdom ook na sukses kan proe.



Elma de Villiers,

malmesbury

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article