Riebeek-Wes se Lize Albertyn-du Toit het verlede week haar nuwe boek, Duifeling, by Malmesbury-biblioteek se boekklubaand bekendgestel. Sy het vertel van haar reise ter wille van haar navorsing oor hierdie verhaal wat in die Kalahari afspeel, hoe sy mense betrokke gekry het om met haar navorsing te help en waarom daar so baie byname in die boek verskyn. Sy het ook erkenning gegee aan al die instaan-ma’s in die lewe. In die middel voor is Albertyn-du Toit in gesprek met Jamie Owies en Chad May (beide van Abbotsdale-biblioteek). Agter van links is Trisha Daniels (Bargain Books), Fiona Lucas (Malmesbury-biblioteek), Emma van Deventer (leser) en Talita Viola (Malmesbury-biblioteek). Foto: Sarie Nell


‘Duifeling’ by biblioteek se boekklubaand bekendgestel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article