Die Swartland skud sy vere reg vir die nasionale verkiesing wat môre (Woensdag 29 Mei) landwyd plaasvind. Die stemlokaal by die Swartland-munisipaliteit in Malmesbury was Maandag reg vir burgers wat vir die spesiale stemme aansoek gedoen het. Stemlokale is vandag nog tot 17:00 vir spesiale kiesers oop, terwyl huisbesoeke ook onderneem word. Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sou na verwagting 132 627 kiesers hul kruisies gedurende die spesiale stemdae op 27 en 28 Mei trek.


Spesiale kiesers trek vandag nog hul kruisies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article