Die Sanlam-Boland-Kavaliers het Saterdagmiddag ’n derde agtereenvolgende oorwinning behaal en sy eerste tuiswedstryd van die veldtog toe hy sy teenstanders, Phangela SWD Arende, 43-7 in hul Eerste-divisie-Curriebeker-stryd in Ceres verslaan het.
Die Kavaliers het rustyd met 21-7 voorgeloop en het voortgegaan om sewe drieë aan te teken om hul leidende posisie op die punteleer te versterk. Die Arende het ’n paar keer probeert, maar in net een enkele poging geslaag.
Die spoedvraat Duren Hoffman het sy uitstekende vorm voortgesit deur nog ’n paar drieë te druk, terwyl sy skrumskakel, Chris September, ook twee keer oorgesteek het.
Die losskakel, Ashlone Davids, het drie van die sewe drieë omgeskep terwyl die span van Wellington weer hul voorneme duidelik gemaak het om hul Eerste-divisie-kroon suksesvol te verdedig.
Die Arende se binnesenter, Edwin Sass, het oorgeduik vir dié span sew enigste drie, wat deur sy skrumskakel, Sachin Toring, omgeskep is.
Die jongste uitslae beteken dat die Boland-Kavaliers hul puntetelling tot 15 van hul drie bonuspunt-oorwinnings uitbrei.
In volgende week se vierde-ronde-aksie speel Boland teen die Luiperds om 15:00.
Punte (rustydtelling in hakies):
Sanlam-Boland-Kavaliers (21) 43, Phangela SWD Arende (7) 7
Boland – Drieë: Chriswill September (2), Duren Hoffman (2), Keenan Opperman, Thurlow Marsh, Cornell Engelbrecht.
Doelskoppe: Ashlon Davids (3), Durin Nasson.
SWD – Drie: Edwin Sass.
Doelskoppe: Sachin Toring.
Oostelike Provinsie (12) 26, Leopards (18) 31





