Die Moorreesburg-polisie het die afgelope week op ’n klagte van ’n verdagte man wat buite die skoolterrein van Laurie Hugo Primêre Skool gewaar is, gereageer. Dit volg skaars ’n week nadat ’n laerskoolseun na bewering byna buite die Laerskool Dirkie Uys ontvoer is.

Die man het glo in ’n oop veld langs die skool gestaan.

Daar was met die aankoms van die polisie geen teken van die man oor wie ’n klagte ingedien is nie. Geen formele strafregtelike klagte van ’n ontvoering is daarna by die polisiekantoor aangemeld nie, het die polisiewoordvoerder, AO Nicolette Visagie, bygevoeg. Volgens Visagie het die polisie bevestiging ontvang dat die man nie binne die skoolterrein was nie.

Die skool het intussen die nodige veiligheidsmaatreëls by die perseel verskerp om die veiligheid van leerders te verseker.

Die polisie het ’n versoek aan ouers gerig om verdagte mense of voorvalle aan te meld en ’n beroep op inwoners gedoen om bewus te wees van hul omgewing. “Elke kind het die reg om veilig te voel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article