Die Malmesbury-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se jaarvergadering vind binnekort – op 28 November – plaas.
Die plaaslike GPF, in samewerking met die Malmesbury-polisiekantoor, nooi alle belanghebbendes, gemeenskaps- en sportorganisasies asook regeringsdepartemente uit om hulself te registreer en só deel van die verkiesing van die nuwe bestuur te wees.
Vorms om te registreer kan by sers. Henry du Randt by die plaaslike polisiekantoor of per e-pos by MalmesburyVispolCmdr@saps.gov.za verkry word.


