’n Noodlottige botsing reg van voor het die afgelope Saterdagaand (28 September) op die N7-snelweg naby die Eendekuil-afdraai plaasgevind.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, was ’n grys Toyota en ’n wit Isuzu-bakkie in ’n botsing reg van voor betrokke. “Die 52-jarige bestuurder, Buzaphi Fikizolo, en sy 40-jarige passasier, Mphiwe Paliso, wat in die Isuzu-bakkie was, is op die toneel dood. Die bestuurder van die Toyota is ernstig beseer, terwyl ses insittendes saam met hom vir ligte beserings behandel is.
’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.





