Die Malmesbury-biblioteek in samewerking met verteenwoordigers van die plaaslike departement van korrektiewe dienste het die afgelope Donderdagoggend (28 November) by die biblioteek byeengekom ter ondersteuning van die land se 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog. Die tema van die geleentheid het gefokus op samewerkende pogings om geweld teen vroue en kinders van die afgelope 30 jaar tot ’n einde te bring. ’n Eed is ook deur gaste en verteenwoordigers van die biblioteek, die DKD en die Darling Outreach-stigting afgelê om nie geweld teen vroue en kinders te pleeg nie. Foto: Charlotte Lesch


Bib en DKD staan saam vir 16-dae-veldtog

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article