Die wedstrydbepalings vir die eerste twee rondes is in die meegaande tabel te sien.

Maryke Swart

Ná ’n suksesvolle eerste toernooi in 2021 bied die Hoërskool Swartland vanjaar weer sy Old Boys Six-a-side-kriekettoernooi aan.

Die aksiebelaaide dag word vir Saterdag 10 Desember beplan. Agt spanne sal vanjaar in twaalf wedstryde meeding om uiteindelik die kampioen te beslis.

Die deelnemende spanne is: die Hoërskool Swartland, Hugenote Hoërskool, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai), die Hoërskool Durbanville, die Hoërskool Stellenberg en die SA Legends.

Die eerste wedstryd begin op dié dag om 09:00. Die hekke open om 08:00. Kaartjies kan by die hek gekoop word en kos R20. Kinders onder 18 geniet gratis toegang.

’n Biertent sal vanjaar beskikbaar wees met optredes in lewende lywe, talle kosstalletjies en ’n speelpark vir die kinders in die skoolsaal.

Die deelnemende spanne is die Hoërskool Swartland, Hugnote Hoërskool, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Paarl Boys High,HS Durbanville, HS Stellenberg en die SA LEGENDS.Bring ’n gemaklike stoel en jou eie sonsambreel saam.

Swartland Gazette is vanjaar weer die trotse mediaborg.

tabel

Die wedstrydbepalings vir die eerste twee rondes is in die meegaande tabel te sien.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article