Inwoners van Piketberg-omgewing word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir vier gewapende mans wat vanoggend omstreeks 06:20 ‘n vrou op die R399 van die pad gedruk en haar beroof het.
Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, is daar nog nie amptelik ‘n saak aanhangig gemaak nie omdat die slagoffer nog heeltemal te getraumatiseerd is.
Die rooftog het naby die Kapteinskloof-afdraai op die R399 plaasgevind wat Velddrif met die N7 by Piketberg en De Hoek verbind.
Kapteinskloof is bekend vir sy skilderagtige grondpad, die Kapteinskloofpas wat deur die Skurweberge loop.
Die rowers se bakkie het glo ‘n Gautengse nommerplaat en groen letters op die kant van die bakkie. Die registrasienommer wat op WhatsApp-groepe versprei word, is dalk ‘n vals nommerplaat, want dié nommer kan volgens Helfrich nie met die voorval verbind word nie.
Skakel asseblief die Piketberg-polisie by 022 913 8800 as jy enige bykomende inligting het.

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews op WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Deel die berig:
Verwante Artikels
Laat ’n kommentaar
You need to be Logged In to leave a comment.


