Hillside Poolklub se lede is, van links: Brendan Maritz (kaptein), Octavia Otto, Gerald Otto, Charnique Otto en Pauldre Snyman.

Credit: SYSTEM

Hillside Poolklub en Killer-Beatz het mekaar in ’n spannende 2022-eindstryd gepak.

Hillside het die pap aan die begin dik aangemaak, maar skielik het Killer-Beatz geantwoord en die voortou geneem – die telling was 11/9 in Killer-Beatz se guns, maar Hillside het ’n vinnige spanpraatjie gehou en die telling na 12/12 gebring.

’n Spannende oomblik het aangebreek toe niemand anders nie as Gerovan Otto van Killer-Beatz en Brendan Maritz van Hillside sou kyk wie vir sy span die 13de punt kan aanteken.

Brendan en Gerovan het mekaar in doodse stilte van beide spanne sowel as die horde toeskouers wat hierdie 12/12-wedstryd dophou, gepak.

Almal se oë was op Gerovan gerig, maar Gerovan, wat eintlik reeds die 12/12-wedstryd gewen het, het ’n glipsie gemaak en die kaptein, Brendan Maritz, ’n foul (2 balle) gegee, waarna Brendan gesê het: “Vandag sal jy die knie voor my moet buig, want ek gaan met my span as kampioene uittree.”

Brendan het toe die 12/12-wedstryd vir sy span gewen en die telling op 13/12 in die guns van Hillside te staan gebring.

Hillside is as die 2022-kampioen aangewys.

Brendan se Hillside-span het behoorlik gebrul van blydskap.

Hillside het Killer-Beatz se koppe behoorlik laat sak, waarmee Killer-Beatz as die naaswenners tevrede moes wees.

Die 2023-openingswedstryd vind Sondag 13 Februarie om 16:00 plaas.

Almal wat wil inskryf, is welkom.

Kontak Gerald Otto by 079 801 1713 of 061 613 5101 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article