Die Robertson- Sewendedag Adventiste-kerk het ’n “amazing race” gereël, waaraan talle kerkgangers op 19 Januarie deelgeneem het.
Die spanne se eerste stop was by Ashton se Vereniging vir die voorkoming van dieremishandeling (DBV of SPCA).
Hier moes hulle deur talle hondehokke werk om dit skoon te kry en seker te maak dat die harige vriende vars komberse en skoon bakke het.
Terug in Robertson, was die volgende taak om by een van die groot kettingwinkels in te gaan met ’n inkopielys wat op ’n spesifieke bedrag moes eindig (afgerond tot die naaste rand en sent).
Daarna moes die spanne ’n raaisel oplos en te voet na een van die parke beweeg, waar hulle moes aan ’n “fear factor”-item moes deelneem waar hulle aan grillerige items moes vat en proe, soos wurms, rissies en kombucha.
Dié wat nie die mas kon opkom nie, het straftyd gekry.
Nadat die mae begin grom het, is hulle ontmoet deur Kent Sparks, ’n fiksheidsinstrukteur by Intense Fitness, en hulle moes behoorlik al die spiere in hulle liggaam rek.
Die dag het geëindig met “riddle me”, waar hulle ’n reeks kopkrappers moes oplos en ten laaste, terwyl hulle geblindoek is, moes elke span ’n emmer vol water oorgooi na elke spanmaat en probeer om nie ’n enkele druppel te mors nie.
Die Robertson- Sewendedag Adventiste-kerk het hul dank aan al die vrywilligers wat hul tyd en hulpbronne afgestaan het, sowel as die borge wat finansieel bygedra het, uitgespreek.





