’n Hoogtepunt op matrikulante se sosiale kalender elke jaar is die matriekafskeid, met die uitsondering van die Covid-19-pandemietydperk.
Talle matrieks in die Swartland het dus onlangs hul skooluniforms vir deftige pakke en stylvolle rokke vir dié swierige geleentheid verruil.





