Die plaaslike Weskus-netbalfederasie het ’n goeie seisoen agter die rug ten spyte daarvan dat hulle weer aan die gang moes kom na twee jaar sonder netbal.
Al die netbal-paaie in die Weskus het Saterdag na die Gene Louw-sportterrein in Moorreessburg gelei.
Nadene Scherman het weer eens bewys waarom sy as die mees uitgeslape afrigter in die streek beskou word. Haar span van die Malmesbury-netbalklub het die span van Marchelle Maroun in ’n titaniese stryd in die A1-liga geklop.
Volledige uitslae: . D-liga: Langebaan C 18-15 Eendekuil. C2-liga: Goodhopes 28-12 Darling B . C1-eindstryd: Van Rhynsdorp 17-10 Young Cities . Derde en vierde plek: Graafwater 27-15 Piketberg B . B2-eindstryd: Malmesbury B 44-23 Matzi’s . Derde en vierde plek: Piketberg A 38-33 Lutzville 33. B1-eindstryd: Diaz Leeds 25-22 Langebaan B . A2-eindstryd: Darling A 42-25 Vredenburg A . A1-eindstryd: Malmesbury A 46-39 Langebaan A
Die trekking van die lootjie het ook Saterdag plaasgevind en die wenner van R55 000 was iemand van Aggeneys.
Voor die afsluiting van die seisoen het die plaaslike spanne ook aan die Wes-Kaapse ontwikkelingstoernooi deelgeneem. Die Weskus se A-span was derde en die B-span sesde.
Mane Visser, Jodene Saaiman, Alfarita Liwani, Danel Visser en Khopotso Leutloa is as deel van die toptien-spelers van die toernooi aangewys.
Individuele prys het gegaan aan Mane Visser vir die beste doel in die A-afdeling en algehele beste speler van die toernooi. Danel Visser is as die beste senterbaanspeler in die A-afdeling aangewys terwyl Jodene Saaiman die beste verdediger in die A-afdeling was. Carla Carolus het die beste doel in die B-afdeling gegooi en Ralgeron Lesch is as die beste skeidsregter in Provinsiale B aangewys.





