As deel van hul eeufeesvieringe het PepsiCo Sub-Saharan Africa, in samewerking met hul vennoot, FoodForward Suid-Afrika, besluit om ’n 100 kospakke aan begunstigdes in en om Malmesbury te skenk. Verteenwoordigers van verskeie bedienings en organisasies in en om Malmesbury het die afgelope Woensdag bymekaar gekom om skenkings te ontvang wat op dieselfde dag aan families in nood uitgedeel is. ’n Enkele skenking is gelykstaande aan 12 000 maaltye.


100 kospakke ingesamel en uitgedeel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article