Montagu is een van die top drie finaliste in die Wes-Kaap. Foto: Argief
The picturesque village of Montagu has been crowned Kfm Dorpie of the Year for 2025.

Die wagtyd is verby en die stemlyne vir kykNET se gewilde Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie het amptelik om 12:00 vandag gesluit, nadat inwoners landswyd hul laaste kans benut het om hul gunstelingdorp te steun.

Drie dorpe in die Wes-Kaap – Montagu, Riversdal en Gansbaai – het mekaar die stryd aangesê om deur te dring na die finale ronde van dié gesogte kompetisie. Met die stemfase nou afgehandel, skuif die fokus na watter dorp die provinsie in die volgende rondte sal verteenwoordig.

Die titel van Dorp van die Jaar hou aansienlike voordele in. Buiten die R1 miljoen kontantprys wat deur Lottoland beskikbaar gestel word vir plaaslike projekte of opknappingswerk, ontvang die wendorp ook R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Dit kan ’n beduidende hupstoot vir toerisme en plaaslike ekonomiese groei beteken. Daarby word ’n 45-sekonde-advertensie oor die dorp uitgesaai, en die uiteindelike vieringe vind in die wendorp plaas.

Volgens Mareletta Mundey, toerismebestuurder van die Montagu-Ashton Toerismevereniging, het Montagu ná vyf jaar weer die geleentheid gekry om deel te neem, nadat hulle voorheen as wenners aangewys is.

Bloemhof in Noordwes was 2025 se Kwêla Dorp van die Jaar. Foto: Argief
Bloemhof in Noordwes is vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar. Foto: Argief

“Die vorige keer wat ons gewen het, het dit ongelooflike voordele vir ons gebring. Vir klein dorpies wat afhanklik is van landbou en toerisme is dié tipe blootstelling van groot waarde. Ons het ’n onmiddellike toename in toerismegetalle gesien, asook ’n langtermyn-impak met verhoogde vraag na eiendomme,” het sy gesê.

In die aanloop tot die sluiting van stemlyne het Kwêla kykers aan die drie dorpe voorgestel. Montagu, geleë in die Langeberge langs die gewilde R62-roete, is bekend vir sy warmwaterbronne, vrugteboorde en wingerde, asook ’n lewendige kuns- en kultuurtoneel.

Riversdal, ’n landboudorp op die Tuinroete, trek besoekers met die ikoniese Slapende Skone-bergpiek en gewilde geleenthede soos die Oakdale-Akkerfees en die Riversdal-landboufees.

Gansbaai in die Overberg, ’n bekende vissersdorp, lok toeriste met seesafari’s waar dolfyne en haaie van naby besigtig kan word. Die dorp is ook bekend vir sy vars seekos en sterk gemeenskapsgees, asook sy rol in die bewaring van seevoëls en pikkewyne.

Bloemhof in Noordwes is verlede jaar as die wenner aangewys.

Die uitslag van vanjaar se provinsiale rondte word nou met afwagting ingewag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article