The Gauteng High Court in Johannesburg sentenced three Zimbabweans to four life terms each in a human trafficking scheme.
Steelwood International is ook gelas om die SOE se regskoste te betaal, insluitend die koste van twee advokate.

Hofvevel teen Steelwood in R43 miljoen regsstryd met die SOE

The Gauteng High Court in Johannesburg sentenced three Zimbabweans to four life terms each in a human trafficking scheme.
Steelwood International is ook gelas om die SOE se regskoste te betaal, insluitend die koste van twee advokate.

JOHANNESBURG – Die Spesiale Tribunaal het onlangs ’n insiggewende uitspraak gelewer in ’n voortslepende regstryd oor die verkryging aan die begin van die Covid-19-pandemie van persoonlike beskermende toerusting (PPE) deur die Gautengse Departement van Gesondheid.

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het ’n aansoek gebring om ’n besluit van me. Kabelo Lehloenya, die destydse finansiële hoof van die Gautengse departement van gesondheid te hersien en tersyde te stel.

Ingevolge haar toekenning is miljoene rande se PPE-kontrakte vir maskers en ander toerusting aan Steelwood International wat handel dryf as Madena (Pty) Ltd toegeken.

Lehloenya was van 1 Februarie 2018 tot middel 2020 die finansiële hoof van die departement. Die Spesiale Ondersoekeenheid het bevind Lehloenya na bewering betrokke was by die onregmatige en onreëlmatige toekenning van multimiljoen-rand-kontrakte vir PPE aan verskeie maatskappye (waaronder Ledla, Beadica en LNG).

Volgens die SOE is die normale mededingende tenderprosesse omseil, kontrakte lukraak toegeken teen erg buitensporige pryse, en is verskaffers goedgekeur wat nie eens op die regering se sentrale databasis vir PPE geregistreer was nie.  Die SOE het siviele regsstappe teen Lehloenya en die voormalige departementshoof, professor Mkhululi Lukhele, in die Spesiale Tribunaal aanhangig gemaak. Die staat poog om miljoene rande se verliese direk van hulle in hul persoonlike en private hoedanigheid te herwin as gevolg van die nie-nakoming van hul grondwetlike en wetlike pligte.

Die SOE het in die jongste uitspraak aangevoer die departement het versuim om die wetlik voorgeskrewe verkrygingsprosesse na te kom. Die bewering is dat die toekenning van die kontrak strydig is met Artikel 217 van die Grondwet, wat vereis dat openbare verkryging regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend moet wees.

Die SOE se aansoek was dat alle ooreenkomste, kontrakte en bestellings wat aan Steelwood uitgereik is, onwettig en ongeldig verklaar word.

Steelwood het die aansoek heftig teengestaan en selfs ’n teeneis van R43 miljoen teen die departement ingedien vir beweerde uitstaande betalings.

Regter B.A. Mashile het egter korte mette met die teeneis gemaak en bevind dat die Spesiale Tribunaal nie die jurisdiksie het om kontraktuele geskille tussen ’n private maatskappy en die departement te bereg nie. Die teeneis is gevolglik verwerp.

In sy poging om die hersieningsaansoek te laat vaar, het Steelwood verskeie tegniese punte of voorlopige besware geopper. Onder meer het die maatskappy aangevoer die SIU het nie die nodige regsbevoegdheid (locus standi) nie omdat die eenheid per abuis die verkeerde presidensiële proklamasie by sy verklaring aangeheg het.

Die SOE het erken dit was ’n administratiewe fout deur hul prokureurs en het dit in hul repliserende verklaring reggestel.

Regter Mashile het Steelwood se beswaar hieroor as “ietwat onopreg” beskryf. Hy het bevind al die bewerings in die verklaring was korrek en dat Steelwood geen bewyse van nadeel weens die foutiewe aanhangsel kon toon nie.

“Tegniese besware teen minder as perfekte proseduriële stappe behoort nie toegelaat te word om die spoedige afhandeling van sake op werklike meriete te ontwrig nie,” lui die uitspraak.

Steelwood se ander besware, soos dat die SOE se saak op ontoelaatbare hoorsê-getuienis berus en daar ’n wesenlike feitegeskil is, is eweneens deur die Tribunaal van die hand gewys. Die hof het bevind die verklarings van departementele amptenare wat deur die SOE ondervra is, is toelaatbaar en betroubaar.

Hoewel die hof in die guns van die SOE bevind het op die voorlopige tegniese punte, het regter Mashile tog steke uitgedeel oor die tyd wat dit geneem het om die saak hof toe te bring.

Die betrokke PPE-besluite is in April 2020 geneem, maar die SOE het die hofstukke eers in Junie 2024 ingedien, ’n vertraging van nagenoeg vier jaar.

Die SOE het aangevoer hy was oorweldig met ondersoeke en sake moes prioritiseer waar groot bedrae staatsgeld betrokke was. Die hof het bevind die verduideliking was te breed en vaag.

Steelwood is ook gelas om die SOE se regskoste te betaal, insluitend die koste van twee advokate.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article